Pakistanse vrou vergiftig haarself uit vrees
2011-02-07 10:03
Kaapstad – Die weduwee van ‘n Pakistanse man wat deur ‘n Amerikaanse burger doodgeskiet is, het haar eie lewe geneem deur gif te drink.
Shumaila Faheem het in haar selfmoordbrief gesê sy’s bang die Amerikaner word sonder ‘n verhoor vrygelaat, het polisie en dokters gesê.
BBC berig dat haar man, Mohammad, en ‘n ander man verlede maand in Lahore, Pakistan, deur Raymond Davis doodgeskiet is.
Die Amerikaanse ambassade het daarop aangedring dat Davis vrygelaat moet word.
Davis het erken dat hy die mans geskiet het. Hy voer aan dat hy uit selfverdediging opgetree het aangesien die mans hom probeer roof het.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.