Pakistanse president moet rus na hartbehandeling
2011-12-12 11:34
Islamabad – Asif Ali Zardari, die president van Pakistan, mag twee weke nodig hê om in Doebai te rus nadat hy mediese behandeling daar ondergaan het, het die premier gesê.
Daar is wyd gespekuleer oor Zardari (56) se politieke toekoms nadat hy verlede week Doebai toe gevlieg het vir behandeling vir ‘n hartsiekte.
Yousuf Raza Gilani, die premier, het in ‘n onderhoud met die BBC Sondag gesê dat Zardari “beter is” maar dat hy na alle waarskynlikheid sowat twee weke sal nodig hê om te rus.
Die president word verwag om voor die hooggeregshof te verskyn as deel van ‘n ondersoek na ‘n geheime memo wat Washington se hulp versoek het om beheer oor die Pakistanse weermag te kry.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP