Pakistanse Taliban agter mislukte bomaanval in NY
2010-05-09 16:47
Washington – Die VSA het bewyse dat die Pakistanse Taliban verantwoordelik was vir die mislukte motorbom wat in New York se Times Square geplant was, het Eric Holder, ‘n staatsprokureur, Sondag gesê.
“Ons het bewyse ontwikkel wat wys dat die Pakistanse Taliban agter die aanval was,” het Holder Sondag op die televisieprogram This Week gesê.
“Ons weet dat hulle gehelp het om dit te fasiliteer. Ons weet dat hulle dit waarskynlik gehelp finansier het en dat hy volgens hulle instruksies gewerk het,” het Holder gesê met verwysing na Faisal Shahzad, die verdagte in verlede week se insident in Times Square.
- Sapa-AFP
Volg Nuus24 op Twitter.