Pakistan: VN teiken ses miljoen oorlewendes
2010-08-11 18:28
Islamabad – Die Verenigde Nasies (VN) se Wêreldvoedselprogram (WFP) het Woensdag gesê hulle probeer tot en met ses miljoen oorlewendes van Pakistan se verwoestende vloede help wat hulle $150 miljoen (sowat R11 miljard) kan kos.
Die land se ergste vloede in 80 jaar het miljoene geaffekteer en sowat 1 600 lewens geëis.
“WFP teiken nou tot en met ses miljoen mense met hulp met kos in die areas wat deur vloede geaffekteer word,” het Marcus Prior, ‘n WFP-beampte, tydens ‘n perskonferensie gesê.
Die koste van dié projek sal waarskynlik $150 miljoen (sowat R11 miljard) wees, het hy gesê.
Pakistan sê 14 miljoen mense word direk of indirek beskadig.
Die VN waarsku dat kinders van die slagoffers is wat die vatbaarste is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP