Pakistan: Navo-tenkers loop deur
2010-10-04 11:16
Islamabad - 'n Groep aanvallers het Maandag 'n depot in Pakistan waar talle brandstoftenkers geberg word, getakel en 27 vernietig.
Die tenkers was gevul met brandstof vir Navo-troepe in Afganistan, berig BBC.
Volgens polisie is drie van die aanvallers, vermoedelik militante-vegters, in die voorval dood.
Die Taliban het verantwoordelikheid vir dié voorval sowel as 'n vorige insident waartydens 'n konvooi Vrydag aangeval is, aanvaar.
Lees meer hier.