Pakistan: Een dood, drie beseer in bomaanval
2010-09-03 13:24
Pesjawar – ‘n Bom wat langs die pad geplant is het die lewe van een polisiebeampte in die noordweste van Pakistan geëis en drie ander beseer, het polisie Vrydag gesê.
Volgens Shafiullah Khan, 'n polisiebeampte, is die bom Vrydag met ‘n afstandbeheerder geaktiveer terwyl beamptes op patrollie was in Pesjawar, waar vloede miljoene mense in die laaste paar weke geraak het.
Niemand het nog verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP