Pakistan: Vloede affekteer 13 milj
2010-08-10 14:41
Multan – Duisende mense het Dinsdag uit die stad Muzaffargarh in sentrale Pakistan gevlug ná owerhede gewaarsku het dat riviere dié area binnekort sal oorstroom.
Die land beleef tans die ergste natuurramp in dié nasie se geskiedenis.
Volgens die Verenigde Nasies (VN) is 13,8 miljoen mense die afgelope twee weke deur die oorstromings geaffekteer.
Dié getal is meer as die gekombineerde totaal van die 2004 Indiese Oseaan-tsoenami, die 2005 Kashmir-aardbewing en vanjaar se die aardbewing in Haïti.
Die dodetal in elkeen van dié rampe was egter hoër as die 1 500 mense wat in die Pakistanse vloede dood is.
‘n Persoon word as "geaffekteer" beskou wanneer hy of sy een of ander vorm van hulp benodig om te herstel, het die VN gesê.
Die hulp kan korttermyn humanitêre hulp of langtermyn hulp met herkonstruksie wees.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AP