Pakistan: 27 beseer in brand
2011-02-07 17:00
Lahore – Minstens 27 mense is beseer toe ‘n brand in verskeie geboue in ‘n kommersiële gebied van Lahore, Pakistan gewoed het, het beamptes gesê.
Die brand het Maandagoggend by die tienverdieping Bahria Centre-gebou in Lahore ontstaan, het Rizwan Naseer, hoof van reddingsdienste, aan AFP gesê.
Volgens Naseer het die vlamme na drie ander geboue – een moskee en twee huise – versprei.
Minstens 27 mense is in die voorval beseer.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP