Pakistan: 13 sterf toe mans op bus skiet
2011-10-04 13:16
Islamabad – Altesaam 13 mense het gesterf toe gewapende mans ‘n passasiersbus buite Quetta, Pakistan, oorval het, het plaaslike polisiebeamptes gesê.
Ahsan Mehboob, ‘n polisiebeampte, sê die slagoffers was almal Shia Moslems. Talle passasiers was winkeliers en handelaars wat na hul winkels by ‘n mark buite Quetta onderweg was.
Mehboob sê agt ander mense is beseer, het CNN berig.
Volgens die polisie het die gewapende mans die bus gestop, opgeklim en op die passasiers begin skiet.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.