Paartjie verdrink wat hond wou red
2012-11-26 15:16
Kalifornië – ‘n Paartjie is dood en hul 16-jarige seun is vermis na hulle die see ingetrek is toe hulle hul hond probeer red het, het amptenare Sondag gesê.
Die familie was by Big Lagoon, ‘n strand naby die dorpie Eureka, Noord-Kalifonië. Die hond het glo agter ‘n stok aangehardloop en is toe deur branders die see ingetrek, het Dana Jones, ‘n polisiebeampte, gesê.
Jones sê dat die 16-jarige seun toe dadelik agter die hond aangegaan het. Sy pa het kort daarna gevolg.
Die tiener kon toe na veiligheid swem, maar toe hy nie meer sy pa kon sien nie, het hy en sy ma in die water ingegaan om na hom (sy pa) te soek.
“Albei is toe die see ingetrek,” het Jones gesê.
Die paartjie se dogter het toe die polisie gebel.
‘n Lewensredder het probeer by hulle te kom, maar die see was teen die tyd te rof.
Reddingswerkers het uiteindelik die ma se lyk gevind terwyl die pa se lyk uitgespoel het.
Die seun word steeds vermis.
Jones het bygevoeg dat die hond op sy eie uit die water kon kom.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AP