Paartjie tronk toe wat vrou se boude groter maak
2011-10-20 22:17
Bogota – ‘n Colombiaanse paartjie is ‘n tronkvonnis
opgelê nadat ‘n vrou wat plastiese snykunde by hulle laat doen het, oorlede is.
Die vrou het van die paartjie se dienste
gebruik gemaak om haar boude te laat vergroot.
Ruben Matallana-Galvas en Carmen
Torres-Sanchez het die slagoffer se familie om vergifnis gevra en die hof
gepleit om genadig te wees.
Beide is ‘n minimum tronkvonnis van drie jaar
en twee maande opgelê.
Hulle moet ook elk ‘n boete van $12 000
(sowat R96 000) betaal.
Matallana-Galvas en Torres-Sanchez het in
Augustus skuldig gepleit op aanklagte van onwillekeurige manslag, sameswering
en die praktisering van geneeskunde sonder ‘n lisensie.
Die nadoodse ondersoek het getoon dat die
42-jarige Elena Caro dood is weens ‘n allergiese reaksie op die
verdowingmiddel wat hulle haar toegedien het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP