Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Paartjie tronk toe ná baba se hongerdood

2012-06-15 07:30
Tweets Share Share line Print

Taipei – 'n Taiwannese paartjie is tot sewe en 'n half jaar tronkstraf gevonnis nadat hul kind weens honger gesterf het terwyl hulle daagliks ure lank aanlynspeletjies gespeel het, berig die plaaslike media.

Wang Hui-huang (23) en sy vrou, Chu Miao-hsu (22) is vandeesweek deur die Taiwannese hooggeregshof gevonnis vir die dood van hul eenjarige dogter wat deur nalatigheid veroorsaak is.

Ondersoekbeamptes het bevind dat die paartjie daagliks vyf tot ses uur lank subskripsie-gebaseerde speletjies gespeel het toe hul dogtertjie in Februarie 2011 dood gevind is.

Die baba het ten tyde van haar dood 3,25 kg – minder as die helfte van die gemiddelde gewig vir haar ouderdom – geweeg, berig die Apple Daily.

Die paartjie het beweer hulle het nie geweet hoe om na die kind om te sien nie, en is gedwing om die baba ryswater te voer omdat hulle nie formulemelk kon bekostig nie.

Wang het as 'n opsigter gewerk en het maandeliks NT$10 000 (sowat R2 800) verdien.

'n Laer hof het die paartjie tot vyf jaar en vier maande tronkstraf gevonnis weens hul ouderdom en finansiële situasie. Die hooggeregshof het dié beslissing omgekeer.

Die regter het gesê die paartjie se gedrag om vir videospeletjies te betaal is 'n duidelike voorbeeld van nalatigheid. Die hooggeregshof het toe hul vonnis verander.
      
– Volg Nuus24 op Twitter

- Sapa-DPA

Lees meer oor: kindermishandeling  |  hof
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Gielman Tiwwe sê... PS Ek verfoei mense wat geen humorsin het en deur die lewe strompel sonder 'n verbeelding of 'n sweempie lighartigheid - hulle lag op foto's maar hulle oë is dood... Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Northwold - 20:37 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Bellairs Drive
  • Thursday Pretoria - 18:17 PM
    Road name: Solomon Mahlangu Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Lois Avenue
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.