Paartjie sterf onder klippe oor affair
2010-08-16 10:09
Kabul - 'n Man en 'n vrou is in die noorde van Afganistan gestenig ná die Taliban hulle van owerspel beskuldig het.
Die 23-jarige vrou en 28-jarige man is doodgemaak omdat hulle "'n affair gehad het," het Mohammed Ayob, goewerneur van die Imam Sahib-distrik in die provinsie van Kunduz, gesê.
Hulle is Sondag in die dorpie Mullah Quli gestenig, het Ayob gesê.
Mullah Quli is onder beheer van die Taliban.
Die man was glo getroud, terwyl die vrou aan iemand anders verloof was.
Volg Nuus24 op Twitter.