Paartjie skenk byna alle lotery-wengeld
2010-11-05 03:15
Lower Truro, Nova Scotia – ‘n Kanadese paartjie het byna $10,2 miljoen (R69,5 miljoen) wat hul in die lotery gewen het aan verskeie organisasies in hul gemeenskap geskenk.
Hulle sê hulle is net eenvoudige, plattelandse mense wat niks meer nodig het as wat hulle het nie.
Allen en Violet Large het Donderdag gesê dat hulle $10,9 miljoen (R74 miljoen) in die lotery op 14 Julie gewen het. Hulle het besluit om slegs twee persent daarvan in die bank te sit vir as hul dit eendag kort en het die res weggegee.
Nadat hulle na hul familie omgesien het, het hulle amper 98 persent van hul prys aan kerke, brandweer-departemente, begraafplase en die Rooi Kruis in Lower Truro geskenk.
Hulle het ook geld aan hospitale geskenk waar Violet, wat kanker het, behandeling ontvang het.
Allen Large, 75, het gesê dat nadat hy ná 30 jaar as ‘n sweiser afgetree het, is hy en sy vrou gelukkig met wat hulle het en hoe hul lewens verloop.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP