Paartjie se apie weggevat
2011-06-17 19:04
Pennsilvanië – ‘n Paartjie wat ‘n apie aangehou het om die
vrou, wat kanker het, in en om die huis te help, is ‘n boete opgelê.
Samuel Govannucci sê hy het die apie, genaamd
Kira, sowat 10 jaar gelede gekoop.
Op daardie stadium was hy besig om te herstel
ná ‘n ongeluk en die apie het hom met allerhande takies gehelp.
Later, toe sy vrou met kanker gediagnoseer is,
het die apie selfs nog meer belangrik geword vir hul huishouding.
Owerhede in Pennsilvanië het egter die apie
gekonfiskeer tydens ‘n klopjag in April en Govanucci is skuldig bevind van die
besit van so ‘n dier sonder ‘n permit.
Die paartjie het besluit om te appelleer.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP