Paartjie hou glo kinders in hok aan
2011-04-14 11:33
Vancouver – ‘n Paartjie is in hegtenis geneem nadat hulle glo twee jong kinders in ‘n hokagtige kamer aangehou het.
John Eckhart (30) en Alayna Higdon (26) van Vancouver in die Amerikaanse staat van Washington, word daarvan beskuldig dat hulle die kinders onwettiglik aangehou het.
Die paartjie het Woensdag vlugtig in die hof verskyn waar hulle elkeen borgtog van $25 000 (sowat R170 000) toegestaan is.
Kim Kapp, woordvoerder vir die polisie in Vancouver, sê ‘n beampte het twee seuns (vyf en ses jaar oud) in 'n slaapkamer gevind.
Die seuns is Dinsdag in ‘n slaapkamer in die paartjie se woonstel gevind. Hulle was in die kamer, wat 'n "hokagtige deur" gehad het, toegesluit.
Higdon wou glo nie hê dat die seuns moet rondhardloop nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP