Paartjie beweer hulle is Jesus en Maria
2011-05-17 11:06
Kaapstad – ‘n Australiese paartjie beweer hulle is die wederkoms van die Bybelse figure Jesus Christus en Maria Magdalena.
AOL berig dat kultusvolgers die paartjie Alan John Miller en Mary Suzanne Luck fyn dophou.
“Ons het ‘n bietjie meer as 2 000 jaar gelede vir die eerste keer op die Aarde gekom,” het Miller op sy webtuiste gesê.
Hy meen ook hy is die Messias.
“Soos ek groot geword het, het ek as gevolg van my persoonlike begeerte en passie vir God nie net herken dat ek die Messias was nie... maar dat ek in ‘n proses is wat deur God ontwerp is wat alle mense kan volg as hulle sou wou,” het Miller gesê.
Courier Mail berig dat Miller (47) en Luck (32) tussen 30 en 40 dissipels gekry het vandat hulle in 2007 na die Wilkesdale-streek van Queensland getrek het.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.