Pa wat dogter verkrag se hofsaak begin
2011-11-28 18:12
Berlyn – Die Duitse pensionaris wat daarvan aangekla
word dat hy sy dogter oor ‘n tydperk van 34 jaar verkrag het, se hofsaak begin
die week.
Adolf Bergbauer (69) het erken dat hy seks met
sy dogter gehad het, maar het in die hof ontken dat dit verkragting was.
Volgens Bergbauer het sy ingestem om met hom
te slaap.
Bergbauer staar 497 aanklagte van verkragting
in die gesig.
Voorvalle van verkragting wat vóór 1991
plaasgevind het, is te ver in die verlede vir hom om daarvan aangekla te word.
Bergbauer ontken dat hy sy dogter begin
verkrag het toe sy 12 jaar oud was.
Volgens Bergbauer was die eerste seksuele
kontak tussen hom en sy dogter toe sy reeds 17 jaar oud was.
“Sy was heeltemal gewillig,” het hy gesê.
“Ek het haar nie self uitgetrek nie,” het
Bergbauer bygevoeg.
Die dogter se prokureur, Andrea Kuehne, sê
haar kliënt is “geskok en woedend” oor die feit dat haar pa die aanklagte
ontken.
Bergbauer se dogter het drie kinders by hom
gehad.
Twee is intussen oorlede en die derde is
gestremd.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP