Pa sit 3-jarige in wasmasjien
2011-11-28 19:04
Parys – Die polisie in Frankryk het ‘n 33-jarige pa
van moord aangekla ná hy sy driejarige seun in ‘n wasmasjien gesit het.
Christophe Champenois se seun is dood nadat hy hom in die
wasmasjien gesit en die masjien aangeskakel het om hom te straf.
Hy word van moord aangekla.
Sy vrou word daarvan aangekla dat sy versuim
het om ‘n misdaad te voorkom en dat sy nie ‘n persoon wat in gevaar was, gehelp
het nie.
Albei word sonder die opsie van borgtog
aangehou.
Die familie se bure sê die seun, Bastien, is
Vrydag dood nadat sy pa hom in die wasmasjien gesit het om hom te straf omdat
hy by die kleuterskool in die moeilikheid gekom het.
Na die voorval het sy ma die seuntjie na die bure geneem en om hulp gesmeek, maar die kind was reeds dood.
Champenois, wat saam met sy familie in die dorp Germiny L'Eveque woon, ontken die aanklag van moord en sê sy seun is dood nadat hy by die trappe afgeval het.
'n Nadoodse ondersoek het egter getoon dat die seuntjie se beserings ooreenstem met 'n kind wat in 'n wasmasjien gesit is.
Die seuntjie is dood weens 'n harde stamp teen sy kop.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP