Pa se wrede moordtog
2010-02-06 22:05
Oswestry – ‘n Man wat na bewering sy vrou en dogter vermoor het en homself toe gehang het, word deur kennisse beskryf as ‘n “liefdevolle en rustige” mens.
Nuus24 het Vrydag berig dat die lyke van twee vroue en ‘n man in ‘n stil woonbuurt in Oswestry, Shropshire gevind is. Dit het intussen aan die lig gekom dat Hugh McFall (48) op ‘n moordtog gegaan het en sy gesin uitgewis het.
Die polisie het Vrydagoggend op dié gru-toneel afgekom nadat hulle ‘n oproep ontvang het oor beweerde ongerymdhede by die gesin se huis.
Met hulle aankoms op die toneel het die polisie die lyke van Susan (55) en Francesca McFall (18) gevind. Hulle het Hugh McFall se lyk ‘n paar ure later in sy kantoor gevind.
McFall, 'n blommeverkoper, het glo finansiële probleme gehad.
Lees meer hier.