Pa pleit vir tweeling se dood
2011-06-21 23:16
Londen – Die pa van ‘n Siamese tweeling sê sy dogters
het te veel pyn en het gepleit dat hulle toegelaat word om ‘n genadedood
te kies, berig Sky News.
Die tweeling deel een stel niere en ‘n hoofaar
in die brein.
Vyf jaar gelede, toe Farah en Saba Shakeel 10
jaar oud was, het die Kroonprins van Abu Dhabi aangebied om vir ‘n reeks
operasies wat die tweeling sou skei, te betaal.
Hulle sou egter vyf of ses operasies oor ‘n
tydperk van 9 maande moes ondergaan.
Die familie het teen die operasies besluit
aangesien die risiko net té groot was dat hulle een van die tweeling sou
verloor.
In daardie stadium kon die tweeling nog met
relatiewe gemak rondbeweeg, maar vandag is hulle in konstante pyn en kan hulle
ook nie meer ordentlik praat nie.
Hulle pa kan egter nie meer vir behandeling
betaal nie en het ‘n beroep op die regering gedoen om óf in te tree, óf toe te
laat dat hul tweeling sterf.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.