Pa brandmerk sy kinders
2010-05-13 12:11
Washington – ‘n Amerikaanse man word van aanranding beskuldig ná hy sy kinders met die letters SK gebrandmerk het.
Mark Seamands het dit goed gevind om die letters SK, wat staan vir ‘Seamands' Kids’, op sy kinders se vel uit te brand.
Sy seuns is onderskeidelik 13 en 15 jaar oud en sy dogter is reeds 18 jaar oud.
Hy word daarvan aangekla dat hy sy seuns aangerand het, maar nie sy dogter nie, aangesien sy oud genoeg is om haar toestemming te gee.
Seamands se eks-vrou was gewalg toe sy die brandmerke op haar jongste seun se bors, sy broer se arm en die agterkant van haar dogter se bene sien.
KIRO-TV in die staat Washington het berig dat die twee seuns hul pa in die hof sal verdedig.
Hulle is blykbaar trots op hulle brandmerke.
Seamands sal ook tydens die hofsaak getuig en sy eie brandmerke aan die hof wys.
– AP
Volg Nuus24 op Twitter