Ouma vas na sy by bejaarde buurvrou inbreek
2010-04-23 02:41
Kaapstad - 'n Ouma, wat 'n swart balaklawa aangehad het, het by haar bejaarde buurvrou se woonstel in Newcastle, Engeland ingebreek, het 'n hof Woensdag gehoor.
Doris Foulis (61), wat met 'n mes gewapen was, het by Jeanette Hetherington (70) ingebreek en in 'n vermomde stem gesê dat Hetherington geld aan haar moet oorhandig.
Foulis het daarna vir Hetherington by die trappe afgestamp voordat sy die woonstel vir geld deursoek het.
Die brose slagoffer, wat 'n gebreekte been opgedoen het, het die hof vertel dat sy die aanvaller se stem herken het en geskree het: "Doris, ek weet dis jy."
Kliek hier vir die volledige berig.