Ouma se lyk ná 17 jaar in stooreenheid gevind
2012-01-28 14:38
Florida – 'n Bestuurder by 'n stooreenheid in Florida het op 'n vrou, wat al in 1995 dood is, se lyk afgekom nadat 'n familielid onthul het haar ouma se lyk is al jare lank daar.
Kevin McKeon het vroeër vandeesweek 'n huurder gebel om haar in kennis te stel van agterstallige betalings en dat die inhoud van die eenheid opgeveil gaan word. Die kleindogter het hom toe in kennis gestel van die ouma se lyk wat in die stooreenheid is.
McKeon het eers Donderdag die stooreenheid gaan oopmaal en 'n lang blou kis gesien, waarna hy die polisie gebel het.
Owerhede het intussen die ouma se doodsertifikaat opgespoor.
Niemand is aangekla nie. Die polisie ondersoek die saak.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter