Ouma kry diploma op 94
2010-05-17 18:29
Oakland - Toe 500 studente by Mills Kollege in Oakland, VSA, Saterdag hulle diplomas ontvang, was daar een wat sonder twyfel bo almal uitgestaan het.
Hazel Soares het op die rype ouderdom van 94 'n diploma in kunsgeskiedenis gekry.
Soares, met ses kinders en 40 klein- en agterkleinkinders, is moontlik die tweede oudste persoon in die wêreld om by kollege-diploma te ontvang.
Sy hoop om by die San Francisco Bay-museum 'n werk te kry.
- Sapa-AFP
Volg Nuus24 op Twitter.