Ouers vermoor dogter om haar van demone te bevry

2011-11-01 18:50
Tweets Share Share line Print

Moskou – ‘n Russiese paartjie wat hul eie dogter vermoor het, sê hulle het dit gedoen om haar van demone te bevry.

Hulle staan tereg op ‘n aanklag van moord nadat hulle na bewering hul 26-jarige dogter gemartel en vermoor het.

Sergei Koshimbetov, ‘n 49-jarige taxibestuurder, en die 50-jarige Elana Antonova, ‘n onderwyseres, het hul dogter op 7 Januarie ure lank gemartel voordat hulle haar doodgemaak het.

Die paartjie, wat aan die Russies Ortodokse Kerk behoort, het die moord gepleeg op die dag wanneer dié kerk die geboorte van Christus vier.

Onder die voorwendsel dat hulle haar van demone wou verlos, het hulle haar eers geslaan en gedwing om sowat 5 liter "heilige water" te drink.

“Antonova het ‘n gedeelte van haar ingewande uitgeruk,” het ondersoekbeamptes van die Voronezh-distrik in ‘n verklaring gesê.

“Daarna het die man en vrou hul dogter se liggaam vertrap tot sy dood is.”

Die ouers word verhoor ten spyte van die feit dat hulle deur ‘n psigiater as sielkundig ongeskik verklaar is, het die ondersoekbeamptes gesê.

Hulle sal na verwagting na ‘n inrigting vir sielsiekes gestuur word.

Beide ontken dat hulle hul dogter vermoor het.

“Ek het haar nié vermoor nie. Wat ek gedoen het, het ek aan haar liggaam gedoen,” het Antonova gesê.

Die paartjie het ná die moord hul dogter se lyk in ‘n kombers toegedraai.

Hulle het aan familielede gesê dat sy ná drie dae uit die dood sou opstaan.

Hul jongste dogter het egter die volgende dag die ambulans gebel en beide ouers is kort daarna in hegtenis geneem.

Volg Nuus24 op Twitter.

- AFP

Lees meer oor: ouers  |  moord

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ernst sê... Dit lyk vir my of daar geen einde aan die die knegskap en jammer sê is nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.