Ouers laat kind sterf terwyl hulle aanlyn speel
2010-03-06 14:38
Seoul - ‘n Koreaanse paartjie se baba is aan wanvoeding oorlede terwyl hulle al hul tyd en aandag aan ‘n virtuele baba geskenk het, berig die Huffington Post.
Kim Yoo-chul (41) en Choi Mi-sun (25) het hulle drie-maande oue baba slegs gevoer as hulle nié besig was om ‘n 12-uur aanlyn speletjie by die internet kafee te speel nie.
Hulle was obsessief oor ‘n kind, genaamd Anime, wat hulle in ‘n aanlyn-speletjie grootgemaak het.
Na so ‘n sessie by die internet kafee, het hulle teruggekom en hulle baba dood aangetref.
‘n Nadoodse ondersoek het bevind dat die baba weens ondervoeding.
Kliek hier vir die volledige storie.