Ouers laat baba sterf van honger
2010-05-29 21:23
Hongkong – ’n Paartjie van hier is Vrydag tot ses jaar tronkstraf elk gevonnis nadat hulle erken het dat hulle hul drie maande oue dogtertjie van honger laat omkom het.
Wong Tsi-Tsjoeng (22) en sy vriendin, Tsioeng Po-shan (31), het elke maand $668 (sowat R5000) welsyngeld ontvang en het die baba se formulemelk afgewater om geld te spaar, het die hof gehoor.
Die paartjie het meer staatsgeld aan sigarette bestee as aan hul dogter se melk, het die aanklaer gesê.
Die meisie het net 2,6 kg geweeg met haar dood, minder as haar gewig met geboorte.
- Sapa-dpa
Volg Nuus24 op Twitter.