Ouers in hof na slang, kind doodmaak
2009-08-25 18:24
Oxford, Florida - Owerhede het Maandag gesê die ma en pa van ‘n kleuter van Florida in Amerika wat deur ‘n troetel-luislang doodgemaak is, sal aangekla word vir die dood van die kind.
Jaren Ashley Hare (19) en haar kêrel, Charles Jason Darnell (32), is albei van strafbare manslag, moord en kindermishandeling aangekla.
Shaianna Hare (2) is op 1 Julie vanjaar dood toe die gesin se luislang haar versmoor het. Haar ouers het nie ‘n permit vir die aanhou van die slang gehad nie.
Die 2.4 meter slang het hom om die klein dogtertjie gedraai terwyl sy geslaap het en teen die tyd dat Hare en Darnell haar in die grepe van die slang gekry het, was sy reeds dood.
Die saak duur voort.
- Sapa