Ouers haaks oor baba moet lewe
2009-11-08 03:30
Londen – ‘n Kind wat ernstig siek is, se ouers is haaks oor of hy aan die lewe gehou moet word of die asemhalingsmasjiene afgesit moet word.
Die baba, wat as Baby RB bekendstaan, is al sedert sy geboorte in Oktober verlede jaar aan ‘n asemhalingsmasjien gekoppel.
Sy dokters het aangeraai dat die masjien wat hom tans aan die lewe hou, afgesit word.
Baby RB se ouers, wat van mekaar vervreem is, stem egter nie ooreen in die saak nie.
Sy ma stem saam met die dokters en sê dat haar baba se lyding moet stopgesit word.
Die pa glo egter vas dat Baby RB kan hoor, sien en voel.
Een van die verpleegsters by die hospitaal het getuig dat Baby RB “doelgerigte bewegings” maak en dat hy reageer daarop as sy ouers hom vashou.
Sy sê dat as mens ‘n stok in sy handjie sit, hy selfs trom speel.
Baby RB het ‘n neurofisiologiese toestand wat sy asemhalingsvermoë en sy beweging drasties beperk.
- Sapa