Oudste man word 114
2010-09-22 16:23
Great Falls – ‘n Amerikaanse burger wat na bewering die wêreld se oudste man is, het sy 114de verjaarsdag by ‘n ouetehuis in Great Falls, Montana, gevier.
Walter Breuning is die 21ste September 1896 in Melrose, Minnesota, gebore.
In 1918 het hy Montana toe getrek, waar hy 50 jaar lank vir die Great Northern Railway gewerk het.
Sy vrou, Agnes, wat ook vir die spoorlyn gewerk het, is in 1957 oorlede.
Hulle het nie kinders gehad nie.
Breuning het vir Briton Henry Allingham, wat in 2009 in die ouderdom van 113 gesterf het, as die oudste man in die wêreld opgevolg.
Allingham het altyd gespot en gesê die rede vir sy ryp ouderdom is “sigarette, whiskey, wilde vrouens en ‘n sin vir humor”.
Breuning is tans die wêreld se heel oudste man en die vierde oudste mens op die aarde.
Volg Nuus24 op Twitter.