Oudpremier maak óók media-aantygings
2011-07-11 23:05
Londen – Bewerings deur die voormalige Britse premier
Gordon Brown het nóg twee Britse publikasies by ‘n nasionale ondersoek rondom
die werksetiek van poniekoerante in dié land betrek, berig CNN.
Gordon
Brown beweer die Sunday Times en The Sun het gepoog om private inligting
van sy finansiële rekords te bekom en om sy telefoonboodskappe af te luister.
Tydens sy termyn as premier was Brown se seun
ernstig siek en joernaliste van The Sun het besonderhede aangaande sy seun bekom
om in hul stories te gebruik.
Personeel van die Sunday Times het volgens Brown op ‘n slinkse manier daarin geslaag om finansiële
besonderhede by sy rekenkundiges te bekom.
Rupert Murdoch, grootbaas van dié koerante se
moedermaatskappy, News International, was nie onmiddellik beskikbaar vir
kommentaar nie.
Die mees onlangse bewerings kom na aanleiding
van die mediaskandaal wat verlede week losgebars en daartoe gelei het dat News
Of The World sy deure moes sluit.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.