Oud-koshuishoof skuldig aan seksuele aanranding
2011-04-06 23:00
Connecticut (Amerika) - 'n Voormalige koshuishoof van ‘n eksklusiewe koshuis in Connecticut het skuldig gepleit op aanklag daarvan dat hy studente seksueel aangerand het.
Robert Reinhardt het Dinsdag, ‘n dag voordat sy verhoor sou begin, skuldig gepleit op die aanklagte van seksuele aanranding.
Hy het gepleit onder die Alford-doktrine, wat behels dat hy nie met al die aantygings saamstem nie maar beken daar is genoeg getuienis om hom skuldig te bevind.
Hy is tot nege en ‘n half jaar tronkstraf gevonnis en moet as ‘n seksmisdadiger registreer wanneer hy vrygelaat word.
Vier manlike oudstudente van die Gunnery-skool in Washington, Connecticut, het die 46-jarige Reinhardt van mishandeling beskuldig.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP