Ou wat sy meisie onthoof, gee oor
2009-09-17 09:27
Istanboel - ’n Sewentienjarige seun wat vermoedelik sy meisie se kop afgekap het, het homself ná sewe maande op die vlug aan Turkse owerhede oorhandig.
Volgens Istanboel se goewerneur, Muammer Guler, het Cem Garipoglu se prokureur die oorgawe Donderdag gereël.
Garipoglu word daarvan aangekla dat hy sy sewentienjarige meisie, Munevver Karabulut, in Maart vermoor het.
Volgens die seun se prokureur het hy in en rondom Istanboel, ’n stad van 15 miljoen mense, weggekruip terwyl die polisie hom landswyd en oorsee gesoek het.
- Sapa-AFP