Oslo-aanvaller 'nié waansinnig'
2011-12-03 18:15
Oslo – Die man agter 'n dodelike aanval in Julie in Noorweë waarin 77 mense dood is, het kenners se bevinding dat hy krimineel waansinnig is, bevraagteken, het 'n koerant Saterdag berig.
"Ons het 'n groot deel van die verslag oor die gesprekke wat hy met sielkundiges gehad het, bestudeer," het Odd Ivar Groen, regsverteenwordiger van Anders Behring Breivik, 32, aan die Verdens Gang-koerant gesê.
Behring Breivik het "reageer deur te sê dit bevat feite-foute (en) leuens, en dat sy verklarings buite konteks gebruik is," het Groen gesê.
Aanklaers het Behring Breivik Dinsdag krimineel waansinnig verklaar.
Die prokureur sê hy het die verslag van 243 bladsye vir ses uur lank met Behring Breivik bespreek.
"Hy voel hulle beskou sommige van sy uitlatings as bisar, wat volgens hom nie bisar is nie. En hy stem ook nie met hulle bevinding saam dat hy 'n geestesversteuring het nie," het Groen gesê.
"Hy is bekommerd oor die feit dat dié kenners nie genoeg kennis oor politieke ideologieë het nie," het Groen aan die koerant gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA