Orkaan Earl bederf vakansieplanne
2010-09-01 11:16
Raleigh – Vakansiegangers aan die ooskus van Noord-Amerika is bekommerd dat Orkaan Earl die tradisionele laaste week van vakansie by die see gaan bederf.
Die federale rampbestuurorganisasie (Fema) het gewaarsku dat dele van die VSA se ooskus moontlik ontruim sal moet word.
Winde van 217kph het vroeër die week inwoners van die Turks- en Caicos-eilande genoodsaak om binnemuurs te bly toe die kategorie 4-orkaan die Karibiese eilande tref.
Orkaan Earl sal na verwagte noord draai en teen Donderdag of Vrydag swaar reën langs die kus van Noord-Carolina veroorsaak.
Vandaar word daar verwag dat die orkaan Cape Cod in Massachusetts en die kus van Maine kan tref.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AP