Opstand in Thailand kos lewe
2009-08-02 10:18
Pattani, Thailand – Vermeende Moslem opstandelinge het Sondag ‘n man in die suide van Thailand doodgeskiet, het ‘n woordvoerder van die weermag gesê.
Duisende is in die laaste vyf jaar hier dood as gevolg van opstand.
Die twee aanvallers was op ‘n motorfiets en het die sekuriteitswag, wat oppad was huis toe na sy nagskof, doodgeskiet, het kol. Parinya Chaidlok gesê.
Meer as 3700 mense, Boeddhiste en Moslems, is vanaf 2004 in Thailand se drie suidelikste provinsies dood as gevolg van hierdie opstand.
Die millitante het mense geteiken wie hulle glo saam met die regering werk.
Dit sluit soldate, polisie, informante en gewone burgers in.
Nog geen amptelike aankondigings is gemaak nie, maar daar word vermoed dat hulle vir ‘n onafhanklike staat veg in die oorwegend Boeddhistiese land se enigste Moslem deel.
Terwyl baie Moslems regeringsmagte beskuldig van buitegeregtelike moorde, beweer die regering dat opstandelinge inwoners van beide gemeenskappe doodmaak om konflik aan te wakker.
Die grootste geval in die laaste paar maande was die moord van 10 Moslems by ‘n moskee in Narathiwat op 8 Junie.
- Sapa