Oppikoppi ‘leer groot les in België’
2011-08-20 08:15
Kaapstad – “Die hael het letterlik horisontaal oor die terrein gevlieg. Ek het nog nooit so ’n storm in my lewe ervaar nie.”
Só het ’n personeellid van die Oppikoppi-span, Carel Hofmann, gister sy indrukke gegee van die Pukkelpop-fees in België waar vyf mense Donderdag dood is weens ’n storm.
Hofmann het aan Channel24 gesê ’n reddingsplan het baie gou in werking getree met dosyne ambulanse wat honderde mense na hospitale en gemeenskapsale geneem het. Paaie rondom die feesterrein is onmiddellik gesluit en slegs noodvoertuie is deurgelaat.
“Dit was merkwaardig om te sien hoe vinnig ’n noodplan in werking tree. As so iets in Suid-Afrika moes gebeur, sou die skade beslis groter gewees het. Dit was ’n groot les vir die Oppikoppi-span,” het hy gesê.
– Die Burger
- Sapa - AFP