Oppasser bedwelm en huur baba uit
2009-11-06 15:57
Nieu-Delhi, Indië – ‘n Kinderoppasser in Indië is in die pad gesteek nadat sy glo gereeld ‘n sewe maande oue baba in haar sorg bedwelm het, en boonop op ‘n daaglikse basis aan straatsmouse teen $2 uitverhuur het.
Die kind se ma het gesien haar haar baba is weg toe sy op 'n dag vroeg van die werk tuis gekom het, het ‘n Indiese koerant berig.
Die oppasser het toe erken dat sy die baba vir die afgelope drie weke uitverhuur het.
Bedelaars met babas is ‘n algemene verskynsel by verkeersligte, en by paaie in die stede van Indië word die gee van geld tradisioneel gesien as ‘n manier om jou spiritueel te verryk.
Met die vroue in Indië wat al hoe meer werk kry, beteken dit dat meer kinders deur oppassers omgesien moet word wanneer hul ouers gaan werk.
- Reuters