Opgekapte lyke in Mexikaanse oord gevind
2012-01-18 15:00
Acapulco – Drie opgekapte lyke is Dinsdag in verskillende dele van ‘n Mexikaanse oord in Acapulco gevind in ‘n geval van voortslepende dwelmgeweld, het die Guerrero-staatsregering gesê.
Twee van die lyke is in ‘n uitgebrande motor en op die sypaadjie voor die ingang van ‘n oord gevind, het beamptes gesê.
Twee koppe is deur brandweerbeamptes op die sypaadjie gevind en die onderste gedeelte van ‘n man se lyk is in die kattebak van ‘n motor gevind. Die res van die lyke is in twee sakke binne die motor gevind.
Vroeër die dag het inwoners van ‘n woonbuurt die opgekapte lyk van ‘n man binne sy huis gevind.
Acapulco is een van Mexiko se besigste toeriste bestemmings.
Sedert 2010 het moord en ontvoerings weens bendegevegte aansienlik meer geword.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP