Oostenryk: Skiër sterf in sneeustorting
2012-02-15 21:56
Wene – ‘n Sweedse toeris het gesterf toe ‘n sneeustorting ‘n ski-helling in die gewilde oord Ischgl, in die weste van Oostenryk, getref het, het die polisie gesê.
Die afdaling was Woensdag ten tyde van die voorval oop, het die maatskappy wat die hysbakke bedryf, gesê.
‘n Waarskuwing van sneeustortings is in die meeste dele van Oostenryk, insluitende gewilde ski-oorde in Tirol en Salzburg, uitgereik.
Die waarskuwing is tot die vierde vlak gelig, aangesien sterk winde die gebied teister en swaar sneeuval verwag word. Dié vlak is die twee hoogste.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP