Oorlogmisdadiger (98) sterf in ouetehuis
2011-06-20 19:01
Wene – ‘n Nazi-oorlogmisdadiger wat deur die owerhede in Kroasië
gesoek was, is in die ouderdom van 98 in ‘n ouetehuis in Oostenryk oorlede.
Milivoj Asner is Dinsdag in ‘n outehuis in
Klagenfurt, in die noorde van Oostenryk, oorlede.
Die Oostenrykse owerhede het geweier om Asner
aan Kroasië uit te lewer omdat hy blykbaar aan demensie gely het en volgens hulle nié geskik was
om verhoor te word nie.
Hy het egter groot opslae veroorsaak toe hy
drie jaar gelede by ‘n sokkerwedstryd in Klagenfurt gesien is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP