Oorblyfsels ná 2009-vliegongeluk gevind
2011-04-04 10:34
Parys – Franse ondersoekbeamptes sê hulle het dele van ‘n Air France-vliegtuig wat in 2009 neergestort het, gevind.
Die vliegtuig het van Rio de Janeiro na Parys oor die Atlantiese Oseaan gevlieg toe die ongeluk plaasgevind het.
Volgens Frankryk se Bureau of Investigation and Analysis (BEA) het ‘n span dele van die vliegtuig gevind tydens ‘n soektog in die see.
Die dele het aan die wrak van die A330-203-vliegtuig, vlug AF 447 behoort, het die BEA in ‘n verklaring gesê.
Die vliegongeluk het die 228 passasiers wat aan boord was, se lewens geëis.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP