Ontvoerde werkers in Nigerië vrygelaat
2012-12-22 09:41
Seoul – Vier Suid-Koreaanse werkers wat vroeër die week in die suide van Nigerië ontvoer is, is vrygelaat, het 'n woordvoerder vir die ministerie van buitelandse sake Saterdag gesê.
Die vier mans van die Hyundai Heavy Industries-maatskappy, wat tans besig is met die bou van 'n skeepswerf in Nigerië, is Maandag deur gewapende mans by die skeepswerf ontvoer.
Twee van die mans se Nigeriese kollegas is saam met hulle ontvoer, maar dit is nie bekend of hulle ook vrygelaat is nie.
Die woordvoerder wou ook nie bevestig of 'n losprys betaal is nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP