Ontvoerde Christen se lyk gevind
2011-05-16 18:56
Bagdad – Die lyk van ‘n Irakese Christen, wat drie dae
gelede ontvoer is, is in die noordelike stad van Kirkuk gevind.
Die polisie het op die lyk van Ashur Yacoub
afgekom.
Dit wil voorkom asof Yacoub se ontvoerders hom
gemartel het.
Yacoub, ‘n Christen in sy 30’s, is drie dae
gelede deur ‘n groep gewapende mans ontvoer.
Hulle het R696 000 van Yacoub se familie geeis
in ruil vir sy vryheid.
“Maar, toe die familie nie die losprys kon
betaal nie, het sy ontvoerders hom doodgemaak,” het ‘n sekuriteitsbron aan die
Aswat al-Iraz nuusagentskap gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA