Ontstellende internet-skande ontbloot
2009-09-01 23:31
Londen- Vyf kinders wat aangehou is en seksueel aangerand is terwyl video daarvan lewendig oor die internet uitgesaai is, is deur die polisie in Skotland gered.
Volgens ‘n Skotse koerant is die seuns en meisies, tussen die ouderdom van sewe en 13, uit hulle ontvoerders se kloue gered tydens drie afsonderlike klopjagte in onder andere Skotland en Engeland.
Dié klopjagte maak deel uit van ‘n hele reeks soortgelyke operasies wat regoor die Verenigde Koninkryk plaasvind.
Volgens Derek Ogg, hoof van die spesiale eenheid, is hierdie een van Skotland se mees “hartverskeurende en ontstellende” gevalle van kindermishandeling ooit.
“Totdat die polisie verslae die impak van die voorvalle uiteengesit het, was ons heeltemal onbewus van die omvang van dié gebeure in ons agterplaas,” het Ogg aan die Skotse koerant gesê.
- Reuters