Ontploffings ruk Stockholm
2010-12-11 21:34
Stockholm – Een persoon is dood en minstens een ander is beseer toe twee ontploffings in die Sweedse hoofstad, Stockholm plaasgevind het, het reddingsbeamptes gesê.
Volgens Petra Sjolander, polisiewoordvoerder, is een persoon beseer toe ‘n motor in Drottninggatan, ‘n besige straat vir inkopies in die middestad, ontplof het.
‘n Man sy lyk is gevind nadat ‘n tweede ontploffing daarna in dieselfde straat gehoor is, het die BBC bekend gemaak.
Volgens die polisie is dit nie duidelik wat die tweede ontploffing veroorsaak het nie.
Roger Sverndal, woordvoerder vir die reddingsdienste, sê dat die motor, wat die eerste ontploffing veroorsaak het, gasbottels bevat het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP