Netwerke gons ná ontploffing in Parys
2011-05-05 13:10
Kaapstad – ‘n Ontploffing het ‘n onbekende gebou in Parys, Frankryk, Donderdag geruk.
Dié inligting, wat deur verskeie Twitter-gebruikers bekend gemaak is, het groot opspraak op die sosiale netwerk gemaak.
Geen nuusagentskappe het tot dusver enige inligting oor die voorval uitgereik nie.
Luidens Twitter-gebruikers is die voorval ‘n gasontploffing.
Die ontploffing kom te midde wêreldwye vrese dat die Al-Kaïda-netwerk terreuraanvalle kan uitvoer uit weerwraak vir die dood van hulle leier, Osama bin Laden, wat in Pakistan deur Amerikaanse soldate doodgeskiet is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Nuus24