Ontploffing in Pakistan na Clinton se aankoms
2009-10-28 11:00
Peshawar, Pakistan – ‘n Verwoestende ontploffing het Woensdag ‘n besige markplein in Pesghawar, Pakistan tot stilstand geruk, het die polisie gesê.
Swaar rookwolke het oor die mark gehang kort nadat die ontploffing plaasgevind het en verskeie persone beseer is. Hierdie aanval kom slegs etlike ure nadat Hillary Clinton, Amerika se minister van buitelandse sake, in Islamabad aangekom het vir gesprekke met verskeie politieke figure.
“Ek kan wel bevestig dat daar ‘n ontploffing was. Die polisie is op die toneel. Tot dusver is 10 mense dood en 62 beseer in die voorval,” het Anwar Shah, polisiewoordvoerder, gesê.
–Sapa, AP