Ontploffing dood 3, beseer 100 in China
2011-11-01 14:15
Beijing – Ten minste drie mense is Dinsdag dood en meer as 100 is beseer in ‘n ontploffing in die suidweste van China.
Die staat se nuusagentskap Xinhua het berig die ontploffing het naby ‘n afdraai op ‘n hoofpad in die stad Fuguan plaasgevind en verskeie huise vernietig.
Drie motors wat plofstof gedra het, het aan die brand geslaan en ontplof, het ‘n werknemer by die Kommunistiese Party se perskantoor gesê.
Die man, wat verkies om anoniem te bly, het die dodetal op minstens drie mense geskat.
“Ons kan nog nie skat hoeveel mense vermis is nie, want die area waar die ontploffing plaasgevind het, is ‘n totale chaos,” het hy gesê. “Meer as ‘n honderd mense is beseer en is na plaaslike hospitale vervoer.”
Swaar masjinerie word ingespan om oorlewendes te probeer red, het hy egter bygevoeg.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP